by Heleen Meyer | Oct 14, 2022 | Light meals, Light vegetarian, Vegetarian
Soteer groente soos sampioene, boontjies, murgpampoentjies en ertjies is blitsvinnig in ’n pan en geur dit met korrelmosterd en kruisement vir ’n spesiale ete. Die eier maak dit lekker vullend en dis ’n ete wat perfek is vir enige tyd van die dag.
by Heleen Meyer | Sep 23, 2022 | Sides & salads, Vegetable side, Vegetarian
Smullekkerrrrr! Dis ’n goeie beskrywing vir dié brosgeroosterde aartappeltjies. Aartappels, in een of ander vorm, is altyd gewild en perfek met braaivleis. Probeer beslis dié nuwe manier om ’n ou bekende in ’n japtrap voor te sit. Voor die kole mooi gereed is, is die aartappels klaar.
by Heleen Meyer | Sep 19, 2022 | Sides & salads, Vegetable side, Vegetarian
’n Kleurvolle kombinasie van slaaibestanddele met botterbone as die proteïen. Die geure van die tuisgemaakte slaaisous is heerlik met die bone. Moenie in die versoeking kom om die slaai saam met brood te eet nie, want dis vullend genoeg soos dit is. Enige oorskiet-slaai is perfek vir ’n kosblik.
by Heleen Meyer | Sep 15, 2022 | Sides & salads, Vegetable side, Vegetarian
Vir mense wat nie oor ’n tipiese groenslaai opgewonde raak nie, is hierdie kleurvolle slaai die antwoord. Die effens ongewone kombinasie van bestanddele is ’n geurige verrassing en almal wil altyd ’n tweede keer skep.
by Heleen Meyer | Aug 12, 2022 | Mains, Meat
I love Greek food and that is why I adapted my basic mince mixture to create this heavenly dish. It uses lots of origanum, mint and brinjal, three of my favourite ingredients!
by Heleen Meyer | Aug 2, 2022 | Sides & salads, Vegetable side, Vegetarian
Eiervrug is een van daardie groente wat nogal ’n skeidslyn kan wees. Party mense, soos ek, is dol daaroor en ander eet dit glad nie. Of soms is die huiwering omdat mense nie seker is hoe dit gaargemaak moet word nie. Om eiervrug te rooster, is moeiteloos en die gekaramelliseerde smaak met die jogurt, suurlemoen en kruie waarmee dit voorgesit word, is besonders.