Rooibos- & bessie-ystee
Lewer ongeveer 2 liter
30 minute (plus verkoelingstyd)
Bestanddele
8 gewone Rooibostee of blomme- of bessie-gegeurde Rooibosteesakkies
6 dun skyfies vars gemmer
6-8 heel naeltjies
6-7 kardemompeule, oopgeskeur (opsioneel)
75 ml suiker (opsioneel)
75-90 ml vars suurlemoensap of na smaak
1,5 liter kookwater
500-750 ml appel- of bessiesap, verkoel
ysblokkies, kruisementblare, vars bessies of aarbeie en dun skyfies suurlemoen
Metode
1. Plaas die teesakkies met die speserye, suiker (indien gebruik) en suurlemoensap in ’n groot beker. Skink die kookwater oor en roer tot die suiker opgelos het. Laat tee 2-3 ure of verkieslik oornag in die yskas trek en verwyder die speserye.
2. Roer die sap by net voor dit voorgesit word. Sit met ysblokkies, kruisement en vars vrugte voor.
3. Kleurvolle ysblokkies: Vries heel bessies, kruisementblare of repies suurlemoenskil in ysbakkies en gebruik in die ystee. Dit lyk mooi en verleen nog geur aan die drankie.