Subscribe for more recipes

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Bevrore grenadella-kaaskoek

May 12, 2017 | Cold dessert, Desserts, sweet treats & baking

Bevrore grenadella-kaaskoek

Resep uit Kos is op die tafel
Lewer 10 – 12 porsies
30 minute (plus vriestyd)

’n Vinnige alternatief vir ’n gebakte kaaskoek, met ’n heerlike romerige tekstuur. Dis al by vele kuiergeleenthede en selfs funksies voorgesit, want dis ook een van dié resepte waarvoor gevra word amper elke keer as iemand dit proe. Dis vinnig en maklik en kan lank voor die tyd gemaak word.

Bestanddele

Kors

1 x 200 g-pakkie suurlemoenroomkoekies (Lemon creams)

100-125 g (100-125 ml) botter, gesmelt

Vulsel

2 x 397 g-blikke kondensmelk

250 ml suurlemoensap

200-250 g geroomde of gladde maaskaas

250 ml vars room

2 x 115 g-blikke grenadellapulp

Metode

1. Kors: Breek die koekies in ’n voedselverwerker tot fyn krummels. Meng die botter deeglik deur en hou eenkant.

2. Vulsel: Plaas die kondensmelk en suurlemoensap in ’n groot mengbak en klits tot dit verdik. Klits die room- of maaskaas en room deeglik by en roer die grenadella by.

3. Voer die bodem en kante van ’n 24 cm-koekpan met kleefplastiek uit sodat daar genoeg oor die rand bly hang om die kaaskoek mee te bedek. Andersins kan 10-12 individuele koppies of klein bakkies op dieselfde manier gebruik word. Skink die mengsel in die pan. Skep die beskuitjiekrummels bo-op, versprei eweredig en druk liggies vas.

4. Bedek kaaskoek met die kleefplastiek en plaas nog ’n laag bo-oor. Vries oornag of tot benodig. Verwyder die boonste laag kleefplastiek.

5. Keer die kaaskoek op ’n verkoelde bord uit (sit vooraf in die vrieskas). Trek die kleefplastiek af en sit dadelik voor. Sny in skywe en sit net so of met ’n bessiesous, ekstra grenadellapulp of vars vrugte voor.

Wenke

1. Vries die kaaskoek in ’n 1,5-2 liter broodpan en sny in skywe. Dit kan tot 3 maande gevries word.

2. Vervang die grenadella met 250 g vars frambose. Verpulp 2/3 en roer soos die grenadella in. Die res kan heel ingeroer of wanneer dit voorgesit word, as garnering gebruik word.

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest

Share This