Cheesy quesadillas with corn
Quesadillas are so much fun to make together! And you can literally add anything as a filling, so get a few ingredients together and get quesadilla-ing.
Quesadillas are so much fun to make together! And you can literally add anything as a filling, so get a few ingredients together and get quesadilla-ing.
Lekker eet – of soos die Meksikaane sê: Buen provecho!
Die geure, kleure en smake wat met Meksiko vereenselwig word, is opwindend, helder en iets waarvan Suid-Afrikaners baie hou. Heelwat van die bestanddele wat in Meksikaanse geregte gebruik word, is ook tipies aan ons mooi land. Hul koskultuur is vir hulle net so belangrik soos wat dit vir ons is om lekker te eet. En die samesyn om ’n tafel is net so kenmerkend van ’n Meksikaanse ete as ’n hartlike Suid-Afrikaanse ete.
Die einde van die jaar is om die draai en daarmee saam, word die dae warmer. Ligter etes met somerslaaibestanddele en vars produkte is nou ook meer gereeld op ons tafels. Daar is soveel om van te kies en omdat seisonale vars goed so geurig is en dikwels mekaar se geure op jou bord komplimenteer, hoef jy nie veel daarmee te doen, om lekker te kan eet nie. Om solank ’n paar idees vir die vakansietyd bymekaar te maak, kan ook nie skade doen nie.