by Heleen Meyer | Oct 3, 2025 | Mains, Meat
Niemand gaan skeef kyk as jy so bietjie moet slurp aan die heerlike noedels nie, dis immers hoe dit geëet word. Die geurige bakkies aftreksel met bestanddele in die vloeistof, kom oorspronklik uit China, maar die Japanese het dit gewild gemaak. Maak die resep sommer baie binnekort!
by Heleen Meyer | Mar 18, 2019 | Salad as a side, Sides & salads
’n Gewone wortelslaai sal nooit weer dieselfde wees as jy eers hierdie weergawe met Oosterse geure gemaak het nie. Die slaaisous is gesonder as die tradisionele mayonnaise-sous en tog so lekker. Dit kan vir ander slaaie ook gebruik word, veral ’n groen slaai met vrugte, soos appels en druiwe of groente soos groenboontjies en broccoli. Dit pas by die gemmer en sojasous-mengsel. Onthou dat sojasous baie sout bevat, so maak seker jy het ’n ligte southand.