by Heleen Meyer | Aug 8, 2019 | Light meals, Light vegetarian
Wonder jy soms wat die beste gaarmaakmetode vir ‘n spesifieke bestanddeel is? Die regte keuse kan nogal ’n groot verskil aan die eindresultaat maak. Dit gee ook ekstra geur én behou meer van die tekstuur, kleur, geur en voedingswaarde.
by Heleen Meyer | Mar 6, 2019 | Mains, Seafood
Vis is ’n wonderlike vorm van proteïen – dis nie net gesond nie, maar ook maklik en vinnig om voor te berei. En tog is mense soms huiwerig om dit self gaar te maak. Geroosterde of gebraaide vis word dikwels in ’n degie voorberei, maar dan ook in diepvet gebraai. Hierdie resep gebruik dieselfde beginsel, om repies vis in ’n gegeurde meelmengsel te doop, maar dan word dit in net ’n dun lagie olie in ’n pan gebraai tot dit gaar, maar steeds sappig is. Die buitenste korsie is dus bros en geurig, maar daar is heelwat minder olie ter sprake. Om ’n vinnige gesinsete te kan voorsit, word die groente sommer in dieselfde pan gebraai.