Maklike mieliesop
’n Mieliesop is dikwels ’n dik en romerige wintersop, maar hierdie is ’n ligte, vars weergawe. Dis so geurig en kan as voorgereg of ligte maaltyd voorgesit word. Maak dit meer vullend met iets soos spek of skyfies chorizo as jy wil.
