by Heleen Meyer | Jun 27, 2019 | Mains, Seafood
Vars vis is altyd my eerste keuse as dit by vis kom, maar as dit nie beskikbaar is nie, is daar wonderlike en maklike etes wat met gevriesde vis gemaak kan word. In dié resep word porsies vis in ’n tuisgemaakte tamatiesous in die oond gebak en daar is geen ander geurmiddels nodig nie – koningskos.
by Heleen Meyer | Jun 4, 2019 | Mains
Ons is almal lief vir warm koesterkos en dié geurige sop is altyd ’n wenner. Dis ’n maaltyd-in-een met vleis, groente en die aromatiese geure van tamatie, paprika en gemaalde komyn. Maak dit vir ’n heerlike gesinsete of nooi vriende vir ’n gesellige winterkuier. Dit gaan ’n nuwe gunsteling word – ek waarborg jou.
by Heleen Meyer | May 30, 2019 | Baking, Chocolate, Desserts, sweet treats & baking
Sjokolade en speserye saam? Ja, beslis en veral as jy van Meksikaanse kos hou. Diepgebraaide churros met sjokoladesous is ’n bekende nagereg. Die deeg is byna soos ’n choux-deeg en word met ’n spuitsak in diepolie gespuit en so gebraai. Hierdie is my vinnige weergawe met ’n soortgelyke idee – net heelwat minder moeite.
by Heleen Meyer | May 17, 2019 | Mains, Poultry
’n Meksikaanse fees
Hoender in ’n geurige Meksikaanse sous van tamatie, soetrissies, gemaalde komyn, koljander, paprika en rooi nierboontjies – koesterkos. Dalk ken jy dit meer as chilli con carne met maalvleis, maar glo my, dis die perfekte kombinasie met hoender. Die lekkerte van ’n Meksikaanse ete is al die bakkies bykomstighede waarmee die hoofgereg geniet kan word. Die geure van die souse en salsa is ’n ontploffing van smake in jou mond.
by Heleen Meyer | May 10, 2019 | Light meals, Light vegetarian
Lekker eet – of soos die Meksikaane sê: Buen provecho!
Die geure, kleure en smake wat met Meksiko vereenselwig word, is opwindend, helder en iets waarvan Suid-Afrikaners baie hou. Heelwat van die bestanddele wat in Meksikaanse geregte gebruik word, is ook tipies aan ons mooi land. Hul koskultuur is vir hulle net so belangrik soos wat dit vir ons is om lekker te eet. En die samesyn om ’n tafel is net so kenmerkend van ’n Meksikaanse ete as ’n hartlike Suid-Afrikaanse ete.