by Heleen Meyer | Jan 25, 2024 | Cold dessert, Desserts, sweet treats & baking, Fruit
Baie mense is dol oor kaaskoek, maar is huiwerig om dit te maak. ’n Gebakte kaaskoek kan maklik droog wees en die gelatien in ’n yskas-weergawe is ’n bestanddeel waarmee min mense gereeld werk. Hierdie is ’n vinnige (en gesonder) alternatief, met ’n heerlike romerige tekstuur en jou gaste gaan beslis dol wees daaroor. Daar is geen bakwerk of gelatienpoeier ter sprake nie – net grenadella-lekkerte!
by Heleen Meyer | Jul 28, 2022 | Baking, Desserts, sweet treats & baking, Hot dessert
Op ’n koue dag maak die poeding jou hart én maag warm. Die gebakte suurlemoenpoeding met sy soetsuursous onder in die bak is alombekend. My ma, Letteli Nel, het eendag besluit om grenadellapulp by die beslag te roer en wat ’n verrassing! Nou is dit ons ‘onthoukos’, want my kinders vra altyd dat ek die poeding so moet maak.