Suurlemoen-grenadellapoeding

Suurlemoen-grenadellapoeding

Op ’n koue dag maak die poeding jou hart én maag warm. Die gebakte suurlemoenpoeding met sy soetsuursous onder in die bak is alombekend. My ma, Letteli Nel, het eendag besluit om grenadellapulp by die beslag te roer en wat ’n verrassing! Nou is dit ons ‘onthoukos’, want my kinders vra altyd dat ek die poeding so moet maak.

Bessietert

Bessietert

Beïndruk almal met dié spesiale bessietert. Die delikate broskors is nie moeilik om te maak nie en dit word gevul met ’n tuisgemaakte bakkersvla (crème pâtissière). Die tikkie suurlemoen en vanielje in die bakkersvla en ’n fees van vars bessies, is ongelooflik lekker.

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest