Geroosterde tamaties op geroomde feta
’n Eenvoudige, maar altyd indrukwekkende resep. Het jy al hierdie weergawe met geroosterde tamaties, balsamiese asyn en vars kruie gemaak?
’n Eenvoudige, maar altyd indrukwekkende resep. Het jy al hierdie weergawe met geroosterde tamaties, balsamiese asyn en vars kruie gemaak?
Dit is een van die maklikste maniere om warm brood op die tafel te hê. Jy kan die geurmiddels maklik varieer om by jou smaak en voorkeur te pas. Dis ’n heerlike bygereg met braaivleis.
’n Gewone wortelslaai sal nooit weer dieselfde wees as jy eers hierdie weergawe met Oosterse geure gemaak het nie. Die slaaisous is gesonder as die tradisionele mayonnaise-sous en tog so lekker. Dit kan vir ander slaaie ook gebruik word, veral ’n groen slaai met vrugte, soos appels en druiwe of groente soos groenboontjies en broccoli. Dit pas by die gemmer en sojasous-mengsel. Onthou dat sojasous baie sout bevat, so maak seker jy het ’n ligte southand.