Beesvleisbredie met kool & appel
Die geurigheid van ’n winterbredie bring vir elkeen sy eie herinneringe en almal het hul gunsteling. Dalk is dit tamatiebredie, waterblommetjiebredie, of ’n bredie met kluitjies bo-op. Soveel groente is lekker in ’n bredie en verskillende snitte stowevleis kan gebruik word, solank dit net lank en stadig gaar word, tot dit sag en geurig is.
