by Heleen Meyer | Mar 18, 2019 | Salad as a side, Sides & salads
’n Gewone wortelslaai sal nooit weer dieselfde wees as jy eers hierdie weergawe met Oosterse geure gemaak het nie. Die slaaisous is gesonder as die tradisionele mayonnaise-sous en tog so lekker. Dit kan vir ander slaaie ook gebruik word, veral ’n groen slaai met vrugte, soos appels en druiwe of groente soos groenboontjies en broccoli. Dit pas by die gemmer en sojasous-mengsel. Onthou dat sojasous baie sout bevat, so maak seker jy het ’n ligte southand.
by Heleen Meyer | Dec 17, 2018 | Light meals, Salad as a side, Sides & salads
Slaai het deesdae ’n heeltemal nuwe betekenis en hoef lankal nie meer net blaarslaai met komkommer, tamatie en wortelrepies te wees nie. Slaaie kan ’n ete op hul eie wees of die fokuspunt van ’n eenvoudige ete. Wissel soms die bestanddele af vir ’n vinnige nuwe idee. Vrugte is ’n wonderlike bestanddeel in ’n slaai en saam met ’n paar ander vars elemente is hierdie ’n delikate, maar besondere smaaksensasie.