by Heleen Meyer | Oct 17, 2022 | Sides & salads
In die lente- en somermaande pryk daar meer gereeld slaaie op ons tafels en dit hoef beslis nie net blare, tamatie en komkommer te wees nie. Wees kreatief met bestanddele en die manier waarop die slaai voorgesit word. Gebruik dié tabel as riglyn.
by Heleen Meyer | Sep 19, 2022 | Sides & salads, Vegetable side
’n Kleurvolle kombinasie van slaaibestanddele met botterbone as die proteïen. Die geure van die tuisgemaakte slaaisous is heerlik met die bone. Moenie in die versoeking kom om die slaai saam met brood te eet nie, want dis vullend genoeg soos dit is. Enige oorskiet-slaai is perfek vir ’n kosblik.
by Heleen Meyer | Sep 15, 2022 | Sides & salads
Vir mense wat nie oor ’n tipiese groenslaai opgewonde raak nie, is hierdie kleurvolle slaai die antwoord. Die effens ongewone kombinasie van bestanddele is ’n geurige verrassing en almal wil altyd ’n tweede keer skep.
by Heleen Meyer | Jan 17, 2020 | Salad as a side, Sides & salads
Onthou jy dié kindertyd-raaiselrympie? ‘So groen soos gras, so wit soos was, so rooi soos bloed, so suikersoet – wat is dit?’ En jy vergeet nie sommer weer dat die antwoord waatlemoen is nie. Dalk lyk hierdie resep na ’n effens vreemde kombinasie, maar dis altyd ’n wenner. Die hoef ook nie net op ’n slaaibord te wees nie. Ryg die bestanddele op stokkies en maak dit deel van ’n peusel- of kaasbord. Vir peuselstokkies werk ’n sagte mozzarella beter, omdat dit makliker ryg.
by Heleen Meyer | Mar 18, 2019 | Salad as a side, Sides & salads
’n Gewone wortelslaai sal nooit weer dieselfde wees as jy eers hierdie weergawe met Oosterse geure gemaak het nie. Die slaaisous is gesonder as die tradisionele mayonnaise-sous en tog so lekker. Dit kan vir ander slaaie ook gebruik word, veral ’n groen slaai met vrugte, soos appels en druiwe of groente soos groenboontjies en broccoli. Dit pas by die gemmer en sojasous-mengsel. Onthou dat sojasous baie sout bevat, so maak seker jy het ’n ligte southand.