Klein vark-&-appelburgers

Klein vark-&-appelburgers

Sodra die vakansie aanbreek, is jou roetine hopelik ook bietjie rustiger. Dis ’n ideale tyd om die kinders in die kombuis te laat help. Hoe meer hulle daar betrokke is, hoe groter is die kans dat hulle opgewonde is om dit te eet waarmee hulle gehelp het. En moenie verbaas wees as hulle dan ook meer avontuurlustig is met nuwe geure en bestanddele nie. Hierdie varkburgers is so maklik om te maak en selfs ’n kleiner kind kan help om die maalvleismengsel in balletjies te rol. Die geurkombinasie van varkvleis, appel, kruie en speserye is heerlik.

Sampioen-lasagne met appelslaai

Sampioen-lasagne met appelslaai

Van kleins af, is lasagne hoog op my lys van koesterkos-geregte. As my ma ons wou bederf of wanneer jy kon kies watter gunsteling jy vir jou verjaarsdagete wil hê, was lasagne gereeld eerste genoem. Ja, lasagne bestaan uit lae geurige maalvleis en pasta met ’n kaassous, maar met deesdae se innoverende kosneigings, is dit nie meer die enigste manier waarop dié bekende gereg gemaak kan word nie. Die pasta word dikwels met groente van ’n soort vervang of die maalvleis word selfs hoender, of vis – daar is baie opsies.

Maalvleis, sampioene en spinasie is ’n heerlike kombinasie en ideaal om inderdaad ’n glutenvrye-lasagne mee te maak. En al gebruik jy nie ’n kaassous bo-op nie, is ’n mengsel van karringmelk, kruie en kaas ewe lekker. Onthou, kaassous word tipies met meel gemaak, so dit bevat ook gluten, soos die pasta.

Oondgeroosterde sampioene

Oondgeroosterde sampioene

Eenvoud is die vreugde van die lewe, so het Koos du Plessis gedig, en dis net so waar as mens oor kos gesels. Die lekkerste kombinasie van bestanddele is soms die eenvoudigste. As mens eers weet watter bestanddele perfekte pasmaats is, is helfte van die werk in die kombuis reeds gedoen.

Omelet-rolletjies met twee vulsels

Omelet-rolletjies met twee vulsels

Leef gesond: vir party mense is dit net eenvoudig ’n makliker ding om reg te kry as vir ander. Dalk is dit te danke aan die manier waarop jy groot geword het en hoe julle by die huis geëet het. Soms is mense net so gedissiplineerd, dat hulle kan hou by die besluit om gesonder te leef. Vir ander was daar dalk ’n spesifieke rede wat hul net laat besluit: ‘dis tyd om gesonder te leef en eet’ of dalk het jou dokter jou aangespreek en nou is dit jou nuwe manier van doen.

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest