Kook met minder suiker & sout: Ep 4

Kook met minder suiker & sout: Ep 4

Het jy geweet dat suiker verslawend is? Hoe soeter die kos is wat jy eet, hoe soeter wil jy dit volgende keer hê. Dis ’n bose kringloop wat jy liewer moet breek. Wonder jy soms hoe om met minder suiker en sout steeds lekker kos te kook? Of sukkel jy om te weet hoe om genoeg gesonde vette in jou ete in te sluit? Dan is jy op die regte plek.

Gaarmaakmetodes: Ep 3

Gaarmaakmetodes: Ep 3

Hier is nog ’n episode van Eet.Kook.Leef.Beter met die fokus op gaarmaakmetodes. Ek verduidelik hoe die regte gaarmaakmetode vir ’n bestanddeel, dit selfs nog lekkerder laat smaak – en natuurlik gesonder kan maak.

Groenboontjiebredie

Groenboontjiebredie

Beste vir ‘n bredie: Vir ‘n bredie, is ‘n kombinasie van gaarmaakmetodes die beste manier om goeie resultate te kry. Soos met ‘n sop of ander eenpot-gereg, word van die bestanddele dikwels eers verbruin en dan met die res van die bestanddele in vloeistof geprut. Die feit dat bestanddele soos uie en knoffel, gemmer, wortels of seldery eers gesoteer word, gee beslis ‘n ander geur as wanneer alles net saam gekook word. Deur die vleis heel eerste in die kastrol te verbruin, kry alles ook ‘n meer gekonsentreerde geur.

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest