One-pot chilli pilchards

One-pot chilli pilchards

Save on dishes and prepare this easy one-pot supper, full of winter flavours. Keep the pilchard bones in the mixture, they’re soft enough to eat, and add a boost of calcium.

Twee idees met vis

Twee idees met vis

’n Geurige ete met vis, is ’n feesmaal. En dis nie moeilik om dit lekker voor te berei nie. Die beste raad is om dit so eenvoudig as moontlik te hou, beide in terme van ’n gaarmaakmetode en die geurmiddels.

Kerrievis

Kerrievis

’n Yskoue stukkie kerrievis met ’n broodjie (om die sous op te ‘vee’) en slaai, is ’n bekende en baie gewilde Suid-Afrikaanse ete. Party mense ken dit as gepiekelde vis, maar hoe jy dit ook al noem, dit bly smullekker. Die resep is dalk ’n bietjie meer moeite as om vis net in die pan te braai, maar dit hou uitstekend in die yskas en is ’n gerieflike ete om byderhand te hê.
Die speserye in die kerriesous is aromaties en is ’n heerlike kombinasie van geure saam met die soetsuur smaak van die konfyt en asyn – beslis iets wat Suid-Afrikaners altyd geniet. Daar is verskillende maniere om kerrievis te maak, maar ek verkies om die vis eers te panbraai en dan in die sous te marineer. Dit kan vir 5-7 dae in die yskas hou of selfs langer as jy dit in ’n gesteriliseerde bottel verpak en só in die yskas hou.

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest