by Heleen Meyer | Nov 24, 2017 | Sides & salads, Starchy side
’n Lensie-en-eiervrugslaai is vandag op die spyskaart. Noem dit sommer die lekkerste lensieslaai, want selfs mense wat dink lensies is vaal en vervelig of die wat nie baie van eiervrug hou nie, skep gou nog van dié slaai.
Hierdie resep kom uit my laaste resepteboek, Maak vyf en is een van daardie resepte wat mense dikwels sê, ‘sjoe, ek het nie gedink lensies kan so lekker wees nie’. Die kombinasie van geure en die manier waarop die eiervrug en lensies gaargemaak word, dra beslis by tot die lekker smaak en tekstuur.
by Heleen Meyer | Nov 13, 2017 | Sides & salads, Vegetable side
Met die regte kombinasie van bestanddele en ’n effektiewe gaarmaakmetode, kan jy ’n paar bekende en redelik basiese bestanddele, maklik in ‘n feesmaal omskep. Botterbone, tamaties en spinasie kry ’n nuwe geurejas as dit so bietjie gesoteer word en ’n balsamiese geur bykry.
Op 14 November is dit Wêreld Diabetes-dag en vir die hele maand lê die klem op die koskeuses en leefstyl wat dit vir diabete en hul gesinne makliker maak om die simptome van diabetes te bestuur. Die fokus vir diabete, om hul bloedsuikervlakke te bestuur, is eintlik soos ons almal behoort te eet. Kies kossoorte wat voedsaam is, jou lank genoeg versadig gaan hou en nie kosse is wat jou bloedsuikervlakke te vinnig laat styg en weer laat val nie. Wanneer jou bloedsuikervlakke te veel wissel, is mens geneig om heeltyd honger of peuselrig te voel.