Oosterse wortelslaai

Oosterse wortelslaai

’n Gewone wortelslaai sal nooit weer dieselfde wees as jy eers hierdie weergawe met Oosterse geure gemaak het nie. Die slaaisous is gesonder as die tradisionele mayonnaise-sous en tog so lekker. Dit kan vir ander slaaie ook gebruik word, veral ’n groen slaai met vrugte, soos appels en druiwe of groente soos groenboontjies en broccoli. Dit pas by die gemmer en sojasous-mengsel. Onthou dat sojasous baie sout bevat, so maak seker jy het ’n ligte southand.

Klein vark-&-appelburgers

Klein vark-&-appelburgers

Sodra die vakansie aanbreek, is jou roetine hopelik ook bietjie rustiger. Dis ’n ideale tyd om die kinders in die kombuis te laat help. Hoe meer hulle daar betrokke is, hoe groter is die kans dat hulle opgewonde is om dit te eet waarmee hulle gehelp het. En moenie verbaas wees as hulle dan ook meer avontuurlustig is met nuwe geure en bestanddele nie. Hierdie varkburgers is so maklik om te maak en selfs ’n kleiner kind kan help om die maalvleismengsel in balletjies te rol. Die geurkombinasie van varkvleis, appel, kruie en speserye is heerlik.

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest