
Twee idees met hawermout
Maak die lekker en maklike happies met ’n paar bekende en alledaagse bestanddele. Hawermout is perfek vir baie meer as net nog ‘n bakkie ontbytpap.
Maak die lekker en maklike happies met ’n paar bekende en alledaagse bestanddele. Hawermout is perfek vir baie meer as net nog ‘n bakkie ontbytpap.
Tuisgemaakte muesli is ’n bonus om in jou kombuis te hê. Maak ’n groot hoeveelheid wat sommer vir ’n hele paar dae se ontbyte gereed kan wees. Met ’n tuisgemaakte weergawe weet jy ook wat daarin is en hoeveel suiker en olie gebruik word.
O, hoe lekker is dit nie om deur dié poeding se bros deeg tot by die romerige sjokoladesous te skep nie! Die koffie is ’n lekker balans vir die soeter sjokoladesous. Onthou om goeie gehalte koffie en kakao vir die beste geur te gebruik.
The pastry is so easy and super delicious, make a double batch and freeze half for later. This tart has the perfect balance between flavours with sweet cherry tomatoes and aromatic chorizo sausage. It is a sure winner! Enjoy it as a light meal or as a savoury tart at teatime.
Varsgebakte brood is altyd ’n lekker bederf. Die brooddeeg is vinnig en maklik om te maak en die kruiebotter maak dit ekstra spesiaal.
Quiche is so ’n lekker ligte ete vir die somer en perfek vir ’n laat-ontbyt. Daar is baie opsies om as vulsel vir ’n quiche te gebruik, maar dié kombinasie van ham en ’n geurige kaas is ’n wenner.