by Heleen Meyer | Apr 29, 2026 | Salad as a side, Sides & salads
’n Koolslaai is altyd ’n gewilde bygereg met enige braaivleis. Hierdie weergawe met ’n eenvoudige slaaisous met mosterd en kruie gaan jy beslis weer en weer wil maak. En wie het gesê dit moet altyd met mayonnaise gemaak word. Probeer die verfrissende en kleurvolle weergawe as jy weer lus het vir koolslaai.
by Heleen Meyer | Mar 18, 2019 | Salad as a side, Sides & salads
’n Gewone wortelslaai sal nooit weer dieselfde wees as jy eers hierdie weergawe met Oosterse geure gemaak het nie. Die slaaisous is gesonder as die tradisionele mayonnaise-sous en tog so lekker. Dit kan vir ander slaaie ook gebruik word, veral ’n groen slaai met vrugte, soos appels en druiwe of groente soos groenboontjies en broccoli. Dit pas by die gemmer en sojasous-mengsel. Onthou dat sojasous baie sout bevat, so maak seker jy het ’n ligte southand.