Plaasskons (Volkoring-botterbroodjies)/Wholewheat farm scones
Dit maak nie saak of jy dit botterbroodjies of skons noem nie, as dié gebakte lekkertes vars en stomend uit die oond kom, is ek eerste aan die tafel. Dié volkoringweergawe is heerlik, met die ekstra vesel en neuterige smaak, en die jogurt gee dit ’n veerligte tekstuur.