by Heleen Meyer | Jan 29, 2021 | Extras, Sauces
As jy eers ’n lekker tuisgemaakte mayonnaise geproe het, is daar min wat daarby kan kers vashou. As jy dit nog nooit voorheen gemaak of geproe het nie, is dit nou jou kans. En dis maklik om te maak – volg net die metode stapsgewys.
by Heleen Meyer | Jun 29, 2018 | Kosblik 101 / Lunch boxes, Light meals, Light vegetarian
Bakkies met winterkos is op vandag se spyskaart en propvol geur. Vars gemmer, suurlemoen, brandrissie en knoffel is die ideal kombinasie vir ’n smullekker winterete. Dié geurmiddels is heerlik saam met ’n wye verskeidenheid bestanddele en pas ewe goed by die natuurlike soet smaak van patats en appels om ’n goeie balans van geure te gee. Verder is die vier geurmiddels ook bekend vir hul natuurlike gesondheids-eienskappe, so selfs nog meer geskik vir ’n voedsame wintersete.