Ratatouille met eiers & chorizo
Perfek vir ontbyt, ’n ligte aandete of middagete – die keuse is joune. Maak dié ratatouille met chorizo-worsies en bak vir elkeen ’n eier of twee in die warm sous. Die kombinasie van murgpampoentjies, eiervrug, soetrissie en tamatie met vars kruie en ’n skeut suurlemoensap is heerlik. Die paprikageure in die chorizo pas perfek hierby en gee die ratatouille ’n wonderlike smaak.
