Gebakte pere met heuning & kaneel/ Baked pears with honey & cinnamon
Dié gebakte pere is só maklik om te maak en bestaan uit ’n paar eenvoudige bestanddele. Die resultaat is ’n smaak-avontuur. Die subtiele speserygeure is perfek met die gekaramelliseerde smaak van die pere. Sit dit net so voor, of bedien dit met een van die opsies in die resep – die Griekse jogurt is beslis my eerste keuse.
