Varkfrikkadelle met suurlemoen en kruie op pastarys
Maak ’n slag dié klein frikkadelletjies op pastarys as ’n geurige manier om dit voor te sit.
En terwyl jy frikkadelletjies maak, kan jy dié deel van die resep sommer verdubbel. Klein frikkadelletjies is ewe lekker warm of koud en perfek vir ’n kosblik of om vir ’n volgende ete te vries.
