Waatlemoen, kruisement-&-fetaslaai
Onthou jy dié kindertyd-raaiselrympie? ‘So groen soos gras, so wit soos was, so rooi soos bloed, so suikersoet – wat is dit?’ En jy vergeet nie sommer weer dat die antwoord waatlemoen is nie. Dalk lyk hierdie resep na ’n effens vreemde kombinasie, maar dis altyd ’n wenner. Die hoef ook nie net op ’n slaaibord te wees nie. Ryg die bestanddele op stokkies en maak dit deel van ’n peusel- of kaasbord. Vir peuselstokkies werk ’n sagte mozzarella beter, omdat dit makliker ryg.
