Bessietert
Beïndruk almal met dié spesiale bessietert. Die delikate broskors is nie moeilik om te maak nie en dit word gevul met ’n tuisgemaakte bakkersvla (crème pâtissière). Die tikkie suurlemoen en vanielje in die bakkersvla en ’n fees van vars bessies, is ongelooflik lekker.
