Goulash-sop
Ons is almal lief vir warm koesterkos en dié geurige sop is altyd ’n wenner. Dis ’n maaltyd-in-een met vleis, groente en die aromatiese geure van tamatie, paprika en gemaalde komyn. Maak dit vir ’n heerlike gesinsete of nooi vriende vir ’n gesellige winterkuier. Dit gaan ’n nuwe gunsteling word – ek waarborg jou.
