Maklikste viskoekies/ Easy fishcakes
My gesin is dol oor viskoekies. As jy eers die weergawe geproe het, gaan jy dit beslis weer maak. Dis ‘n maklike resep, verg min moeite en is regtig gesond. Ek is dol oor die vars kruie en suurlemoen in die resep. Maak sommer van die begin ’n dubbele mengsel.
