
Maak vyf
Neem een alledaagse, algemeen beskikbare bestanddeel en skep vyf opwindende nuwe disse – dis waaroor Maak vyf gaan. Perfek vir daardie dae wat jy sonder inspirasie is, maar tog iets nuuts wil probeer met wat jy reeds in jou kombuis het. Dalk botterskorsie of aartappels, of selfs geblikte tamaties, pasta of droë bone. Kies uit hoofgeregte wat binne ‘n paar minute voorberei kan word, ligte etes en interessante bykosse of slaaie. Kies ‘n nagereg of ‘n uitstaande voorgereg vir ‘n spesiale geleentheid. Jy ontdek dalk net die nuwe eenpotgereg wat jou gesin se gunsteling sal word.
Laat Heleen se wonderlike resepte jou inspireer en aanmoedig om jou lewe in die kombuis net daai bietjie makliker te maak. Kry vandag jou kopie! Dit maak ook ‘n uitstekende geskenk vir familie, vriende en kollegas.
Uitgewer: Human & Rousseau
Fotograaf: Neville Lockhart
Stilering: Heleen Meyer