Geroosterde wortelsop
Hierdie Geroosterde wortelsop is ’n maklike en vinnige sop met baie geur vir ’n lekker winters-ete. Die natuurlike soet smaak van wortels is ideaal saam met die ander groente.
Kekerertjies in ’n Marokkaanse sous
Met kekerertjies kan jy my in ’n wip vang! En as daar nog eiervrug ook by is, is ek nog meer opgewonde. Hierdie aromatiese tamatiesous met speserye is die perfekte basis vir beide dié bestanddele en dis ewe lekker om warm of teen kamertemperatuur te eet.
Pangebraaide groente met eier
Soteer groente soos sampioene, boontjies, murgpampoentjies en ertjies is blitsvinnig in ’n pan en geur dit met korrelmosterd en kruisement vir ’n spesiale ete. Die eier maak dit lekker vullend en dis ’n ete wat perfek is vir enige tyd van die dag.
Geroosterde aartappeltjies met kaas & kruie
Smullekkerrrrr! Dis ’n goeie beskrywing vir dié brosgeroosterde aartappeltjies. Aartappels, in een of ander vorm, is altyd gewild en perfek met braaivleis. Probeer beslis dié nuwe manier om ’n ou bekende in ’n japtrap voor te sit. Voor die kole mooi gereed is, is die aartappels klaar.
Slaai met bone & kruie
’n Kleurvolle kombinasie van slaaibestanddele met botterbone as die proteïen. Die geure van die tuisgemaakte slaaisous is heerlik met die bone. Moenie in die versoeking kom om die slaai saam met brood te eet nie, want dis vullend genoeg soos dit is. Enige oorskiet-slaai is perfek vir ’n kosblik.
Broccoli-slaai met gekaramelliseerde uie & bloukaas
Vir mense wat nie oor ’n tipiese groenslaai opgewonde raak nie, is hierdie kleurvolle slaai die antwoord. Die effens ongewone kombinasie van bestanddele is ’n geurige verrassing en almal wil altyd ’n tweede keer skep.
Geroosterde eiervrug met ’n jogurtsous
Eiervrug is een van daardie groente wat nogal ’n skeidslyn kan wees. Party mense, soos ek, is dol daaroor en ander eet dit glad nie. Of soms is die huiwering omdat mense nie seker is hoe dit gaargemaak moet word nie. Om eiervrug te rooster, is moeiteloos en die gekaramelliseerde smaak met die jogurt, suurlemoen en kruie waarmee dit voorgesit word, is besonders.
Cheesy quesadillas with corn
Quesadillas are so much fun to make together! And you can literally add anything as a filling, so get a few ingredients together and get quesadilla-ing.
Geurige shakshuka
Shakshuka – dalk ken jy dit nie of het dit nog nooit voorheen gemaak nie, maar dié speserygegeurde tamatiesous met eiervrug en eiers is absoluut heerlik. Die sous is ’n bekende Midde-oosterse gereg en regtig veelsydig. Jy kan dit op soveel maniere geur en dis perfek vir enige ete van die dag. Beslis altyd ’n gunsteling!
Italiaanse groente-gebak
’n Groentegereg vir amper enige tyd van die jaar en propvol geur – dis die lekkerte van hierdie maklike Italiaanse groente-gebak. Die geroosterde geur van die groente is so lekker en dis beslis gesonder as ’n ryk, romerige weergawe. Jy moet dit probeer!