Gebakte pere met port, kaneel & heuning

Gebakte pere met port, kaneel & heuning

Speserye word lank nie meer aan een seisoen gekoppel nie. Daar word ‘n verskeidenheid van resepte aangewend om speserye se veelsydigehid te weerspieël. Wonder jy soms watter nagereg jy kan voorberei sonder om ure te bak en brou in die kombuis? Hierdie resep is perfek omdat dit nie veel bestanddele benodig nie en wat meer, almal sal hiervan hou – veral die mans wat nie van snaakse poedings hou nie. Die eenvoudige kombinasie van port, heuning en speserye wat stadig saam gaar word is hemels. Dit benodig geen meel en kan individueel bedien word of as een poeding met Griekse jogurt,crème fraîche, tuisgemaakte vla of roomys.

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest