Geroosterde aartappeltjies met kaas & kruie
Smullekkerrrrr! Dis ’n goeie beskrywing vir dié brosgeroosterde aartappeltjies. Aartappels, in een of ander vorm, is altyd gewild en perfek met braaivleis. Probeer beslis dié nuwe manier om ’n ou bekende in ’n japtrap voor te sit. Voor die kole mooi gereed is, is die aartappels klaar.
