Fish in a pan & steamed baby marrows with dill
Do you struggle to pan-fry a piece of fish successfully? Here’s an easy way that works really well. I also share a few basic tips that will give great end results.
Hutspot met tuna en groente
Tuna is so veelsydig en hierdie vinnige eenpotgereg is propvol wintergeure en perfek om sommer uit ’n bakkie te eet. Daar is genoeg stysel in die gereg, so sit dit net so voor vir ‘n vullende ete.
One-pot chilli pilchards
Save on dishes and prepare this easy one-pot supper, full of winter flavours. Keep the pilchard bones in the mixture, they’re soft enough to eat, and add a boost of calcium.
Sardyne-gebak
Hierdie aandete is ’n wenner – vinnig, vullend en so maklik om te maak. Selfs mense wat nie dol is oor geblikte vis nie, geniet die gereg. Geblikte sardyne is propvol voedingswaarde, want dit is ’n uitstekende bron van proteïene, gesonde olies en kalsium. Die groente in die gereg kan met enige bevrore groente soos ertjies, boontjies of mielies verder aangevul word.
Twee idees met vis
’n Geurige ete met vis, is ’n feesmaal. En dis nie moeilik om dit lekker voor te berei nie. Die beste raad is om dit so eenvoudig as moontlik te hou, beide in terme van ’n gaarmaakmetode en die geurmiddels.
Oondgebakte vis in geurige tamatiesous/ Basic tomato sauce & fish in the oven
Vars vis is altyd my eerste keuse as dit by vis kom, maar as dit nie beskikbaar is nie, is daar wonderlike en maklike etes wat met gevriesde vis gemaak kan word. In dié resep word porsies vis in ’n tuisgemaakte tamatiesous in die oond gebak en daar is geen ander geurmiddels nodig nie – koningskos.
Pangebraaide vis met drie groentes
Vis is ’n wonderlike vorm van proteïen – dis nie net gesond nie, maar ook maklik en vinnig om voor te berei. En tog is mense soms huiwerig om dit self gaar te maak. Geroosterde of gebraaide vis word dikwels in ’n degie voorberei, maar dan ook in diepvet gebraai. Hierdie resep gebruik dieselfde beginsel, om repies vis in ’n gegeurde meelmengsel te doop, maar dan word dit in net ’n dun lagie olie in ’n pan gebraai tot dit gaar, maar steeds sappig is. Die buitenste korsie is dus bros en geurig, maar daar is heelwat minder olie ter sprake. Om ’n vinnige gesinsete te kan voorsit, word die groente sommer in dieselfde pan gebraai.
Maklikste viskoekies/ Easy fishcakes
My gesin is dol oor viskoekies. As jy eers die weergawe geproe het, gaan jy dit beslis weer maak. Dis ‘n maklike resep, verg min moeite en is regtig gesond. Ek is dol oor die vars kruie en suurlemoen in die resep. Maak sommer van die begin ’n dubbele mengsel.
Marokkaanse vis- & seekoskebabs
Marokkaanse vis- & seekoskebabs Resep uit Kos is op die tafel Lewer 6 porsies 1 uur (plus 2-3 ure of oornag om te marineer) ’n Maklike, maar indrukwekkende resep om gaste mee te bederf. Dit is al jare lank een van my pa se gunsteling maniere om vars vis voor te...