by Heleen Meyer | Oct 5, 2018 | Breakfast, Kosblik 101 / Lunch boxes, Light meals, Light vegetarian, Mains, Vegetarian
Die eenvoud van ’n eier is dalk juis die rede waarom dit so veelsydig is. Met eiers kan jy in ’n japtrap ’n vullende en voedsame ete voorberei en soveel ander bestanddele is perfekte pasmaats vir dié proteïen-bom. Wat sit jy graag as vulsel in ’n omelet?
Gevulde omelette kan sonder veel moeite met ’n paar interessante bestanddele in ’n gourmet-ete omskep word. En dis beslis nie net vir ontbyt bedoel nie. Dis ook ’n maklike manier om ’n ete gebalanseerd te hou, want met jou keuse van vars vulselbestanddele en ’n slaai daarmee saam, kan jy al die belangrike voedselgroepe insluit. Gebruik dit wat in seisoen is vir die meeste geur en as daar iets uit kleurgroep op jou bord is, is dit reeds gesond en lyk dit sommer ook aptytlik.
by Heleen Meyer | Oct 6, 2017 | Breakfast, Kosblik 101 / Lunch boxes, Light meals
Eiers is beslis nie net vir ontbyt bedoel nie. Ja, mens gebruik dit ook gereeld in gebakte produkte of in iets waar bestanddele saamgebind moet word, maar moenie buite rekening laat hoe lekker iets soos ’n omelet vir middagete of ’n ligte aandete kan wees nie. Wat vir my so lekker daarvan is, is die wye verskeidenheid van bestanddele wat by eiers pas. Van kruie en verskillende soorte kaas, tot groente soos sampioene, ertjies, murgpampoentjies, uie, sprietuie en selfs spinasie, om maar net ’n paar te noem.
by Heleen Meyer | Feb 11, 2022 | Desserts, sweet treats & baking, Fruit
Beïndruk almal met dié spesiale bessietert. Die delikate broskors is nie moeilik om te maak nie en dit word gevul met ’n tuisgemaakte bakkersvla (crème pâtissière). Die tikkie suurlemoen en vanielje in die bakkersvla en ’n fees van vars bessies, is ongelooflik lekker.
by Heleen Meyer | Sep 20, 2021 | Accompaniments, Extras
The first few times I made these onions I used dried thyme. Soon after I started adding cumin seeds and now, I alternate between the two flavours, depending on what I am planning to serve with the onions. I use thyme if I want a more delicate flavour, and cumin when I serve it with meat.
by Heleen Meyer | Aug 3, 2018 | Kosblik 101 / Lunch boxes, Light meals, Light meat, Mains, Meat
Met ’n paar basiese bestanddele kan ’n smullekker en vinnige aandete met min moeite voorberei word. En jy kan selfs die groente afwissel na gelang van dit waarvan jou gesin hou. Dié roerbraai se soet-suursousie is in ’n japtrap gereed en ’n heerlike kombinasie met die vark, appel, gemmer en ander groente. Roerbraai is nie moeilik om te maak nie en sodra die vleis en groente gesny is, is die harde werk gedoen – perfek vir ’n aandete in die week, of selfs ’n Vrydagaand.