Subscribe for more recipes

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Gebakte pere met heuning & kaneel

Aug 5, 2022 | Baking, Desserts, sweet treats & baking, Fruit, Hot dessert

Dié gebakte pere is só maklik om te maak en bestaan uit ’n paar eenvoudige bestanddele. Die resultaat is ’n smaak-avontuur.Die subtiele speserygeure is perfek met die gekaramelliseerde smaak van die pere. Sit dit net so voor, of bedien dit met een van die opsies in die resep – die Griekse jogurt is beslis my eerste keuse.

Resep

Gebakte pere met heuning & kaneel

Resep aangepas uit Kos is op die tafel
Lewer 6 – 8 porsies

Bestanddele

6 Packham of Bon Chrétien ryp, maar steeds ferm pere, in kwarte gesny en ontpit

250 ml (1 k) muskadel of port van goeie gehalte

30 ml (2 e) heuning

45 ml (3 e) sagte bruinsuiker

2 kaneelstokkies, in groot stukke gebreek

3-5 kardemompeule, gekneus en oopgeskeur

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Pak die pere, gesnyde kante na bo, in ’n groot oondbak. Voeg die res van die bestanddele by en meng die pere liggies deur.
  2. Bak 20 minute en skep van die sous oor die pere. Bak nog 10-15 minute of tot die pere net sag, maar nie pap is nie. Skep weer van die sous oor die pere.
  3. Sit warm of teen kamertemperatuur op hul eie of met die sous en Griekse jogurt, roomys, vla of room voor.

Wenk

  1. Die muskadel of port kan ook met sterk Rooibostee vervang word. Gebruik 2-3 Rooibossakkies in ’n koppie kookwater.

Hierdie Gebakte pere met heuning & kaneel was deel van ‘n kos-artikel in LiG Tydskrif, Winter 2022.
Foto Adel Ferreira Photography.

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest

Share This