Subscribe for more recipes

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Viskoekies met groente

May 12, 2017 | Light meals, Light seafood

Viskoekies met groente

Resep uit Maak vyf / Make five
Lewer 25 koekies
45 minute
Kindervriendelik/ Suiwelvry

Bestanddele

1 x 410 g-blik sardyne in tamatiesous

45 ml (3 e) water

1 klein ui, gerasper

2 wortels, grofgerasper

60 ml (¼ k) koekmeel

2 eiers, geklits

125 ml (½ k) hawermout

60 ml (¼ k) blatjang of tamatiesous

60 ml (¼ k) gekapte vars kruie, soos Italiaanse pietersielie en koljander

5 ml (1 t) fyn koljander

15 ml (1 e) suurlemoensap

sout en peper

30 ml (2 e) olyf- of avokado-olie vir braai

Metode

1. Plaas die vis met die sous in ’n groot mengbak en druk dit fyner met ’n vurk.

2. Spoel die blikkie met die water uit. Roer met die res van die bestanddele, buiten die olie, en meng goed deur. Die beslag is redelik loperig. Geur na smaak.

3. Verhit ’n dun lagie olie oor matige hitte in ’n braaipan. Skep lepelsvol van die mengsel in die pan en braai vir 3-5 minute aan ’n kant. Draai om en braai nog ’n paar minute of tot goudbruin en gaar.

4. Dreineer op kombuispapier en herhaal met die res van die mengsel en nog olie, soos benodig. Hou die viskoekies warm.

5. Sit voor saam met slaai of groente van jou keuse. Avokadoskyfies is ’n lekker alternatief. Die hoeveelheid vis bly egterdieselfde. Gebruik die vloeistof in die blikkie om die mengsel sag te maak of voeg nog blatjang by.

Pin It on Pinterest

Share This