Subscribe for more recipes

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Toebroodjie

Feb 6, 2017 | Kosblik 101 / Lunch boxes

Kosblik 101

Spyskaart

Guacamole-en-eier-toebroodjie

JOYA® appel

Neute

Een van die belangrikste goed vir ‘n gesonde leefstyl, is porsiebeheer. Te veel van selfs ‘n sogenaamde gesonde kossoort, kan ongesond wees of jou laat gewig optel. In Pharma Dynamics se resepteboeke, Cooking from the heart (gratis beskikbaar op www.cookingfromtheheart.co.za) word daar elke keer oor porsiegroottes gesels en praktiese raad gegee. Kyk gerus na die foto’s in die derde boek op bladsy 26-29 (in die PDF-dokument wat aanlyn beskikbaar is) vir ‘n goeie aanduiding van matige porsies.

Nog ‘n manier om porsiebeheer prakties toe te pas, is om bv minder stysel te eet en die maaltyd of kosblik op ander maniere steeds vullend genoeg te maak. Vir vandag se kosblik, is daar ‘n volgraantoebroodjie met ‘n eier-en-avokadovulsel. Die vulsel is baie voedsaam en vullend en sal jou versadig genoeg los, dat jy liewer meer van die vulsel kan eet, as net nog twee snye brood. Die tipe brood wat ‘n mens kies, is ook belangrik, want volgraanbrood het heelwat meer vesel en ook ander voedingswaarde as bv net witbrood. Witbrood is baie meer verfyn en gaan jou ook nie lank genoeg versadig laat voel nie, want dit verteer vinnig en kan jou bloedsuiker vinnig laat styg en weer val.

Die vulsel is ‘n mengsel van hardgekookte eier met avokado, in plaas van die gewone mayonnaise. Deur die mayonnaise met avo te vervang, het jy reeds ‘n gesonder vulsel, want die goeie vette in avokado is alles ook in die guacamole. Die kombinasie van guacamole (avo-puree) en eier dus is propvol gesonde olies, proteïen en ander voedingswaarde en sal jou baie meer versadig laat voel, as bv stroop of konfyt op ‘n toebroodjie. As jy brood heeltemal wil vermy, kan jy net die vulsel verdubbel en dit in ‘n bakkie inpak met ‘n lepel en dit so eet, of selfs vrugte of groente inpak om daarin te doop of daarmee saam te eet.

Westfalia Fruit het ‘n hele reeks avokado-olies in verskillende geure en ook guacamole wat dit maklik maak om die gesondheidsvoordele van avokado deel te maak van jou gesin se etes en kosblikke, selfs wanneer avokado’s nie in seisoen is nie. Die guacamole is in vier geure beskibkaar: gewoon, speserye (Spicy), biltong en soetbrandrissie. Kies die een waarvan jou gesin die meeste sal hou, want enige van hierdie sal lekker wees saam met eier. Guacamole is tradisioneel ‘n Meksikaanse avo-doopsous, maar daar is baie ander kreatiewe maniere om dit te gebruik. As jy dit soos hier op ‘n toebroodjie gebruik, hoef jy ook nie botter op die brood te smeer nie. Avokado’s is bekend daarvoor dat hulle van nature laag is in cholesterol en sout, maar propvol gesonde olies en vesel – perfek vir ‘n gesonde leefstyl.

Die res van vandag se kosblik sluit ‘n appel en neute in. JOYA® appels is nou in seisoen en kraakvars en heerlik sappig. Die appels kneus ook nie nie maklik nie – dus perfek om in te pak. Saam met neute is dit ‘n lekker peuselhappie as deel van die ete of om later deur die dag te geniet. JOYA® appels is sommer ‘n lekker energiehappie en onthou dat dit ‘n baie lekker bron van vesel en ander voedingswaarde is. Die appels is by uitgesoekte Woolworths supermarkte beskikbaar en jy kan op http://joyaapples.co.za/ nog meer oor die mooi vrugte gaan lees. Kry gerus JOYA® in jou lewe.

Ons gebruik graag van Nulaid se eiers en in vandag se ete, is dit ‘n onmisbare deel van die toebroodjievulsel. Die tyd toe mense gedink het te veel eiers in jou etes is ongesond, is gelukkig lankal verby. Eiers is ook nie net ‘n goeie bron van proteïen nie, maar ook ander voedingswaarde wat alles deel is van ‘n gesonde leefstyl. Wees kreatief met eiers in jou etes, want dis verseker nie net ‘n ontbytkos nie. Daar is nog baie lekker inligting oor eiers op http://www.nulaid.co.za/.

Resepte

Guacamole-en-eier-toebroodjie

Lewer 4 porsies

Bestanddele

4 Nulaid eiers

8 snye volkoringbrood

1 x 200 g bakkie Westfalia Spicy of Plain Guacamole

handvol roketblare

Metode

1. Plaas ‘n kastrol (gebruik AMC 24 cm Low) met water en eiers op ‘n matige hitte en bring tot kookpunt. As die water begin prut, verlaag die hitte en prut vir 7-8 minute.

2. Haal van die hitte af, dompel die eiers in koue water en kraak die doppe. Laat afkoel en skil die eiers.

3. Sny die eiers in klein blokkies of druk met ‘n vurk fyn. Meng met die guacamole en smeer op 4 snye brood. Plaas roketblare bo-op en maak die broodjies toe met die res van die snye brood en pak in die kosblikke.

Pin It on Pinterest

Share This