Subscribe for more recipes

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Kekerertjieslaai

Jan 16, 2017 | Kosblik 101 / Lunch boxes

Kosblik 101

Spyskaart

Vegetariese kekerertjie-slaai met eier

Nektarienwiggies met ricotta-doopsous

Neute

Ons is deur die eerste paar dae van die nuwe skooljaar en nou lê hefaan voor – vir werk, leer en kosblikke pak. Maar moenie moedeloos word nie, jy is op die regte plek vir maklike en voedsame idees vir die hele gesin. Saam met ‘n gesonde leefstyl as nuwejaarsvoorneme, moet jy ook besluit om aandetes só te beplan, dat dit die kosblik-situasie sommer van meet af aan makliker maak. Selfs al kan net helfte van die week se aandetes ‘n deel van die volgende dag se kosblikke word, is die stryd al halfpad gewonne.

In die somer is daar ‘n wonderlike verskeidenheid van vars vrugte en groente wat maklik is om in te pak. Kombineer dit met neute of ‘n ander gesonde proteïen om dit vullend genoeg te maak en sit dit op verskillende maniere voor. Soms kan dit ‘n slaai wees, ander kere dalk aparte elemente om aan te knibbel.

Cooking from the heart, die reeks resepteboeke wat deur Pharma Dynamics ontwikkel is, spog met ‘n wye verskeidenheid resepte wat maklik deel kan word van ‘n kosblik. Die boekies met ‘n klomp wenke en idees oor ‘n gesonde leefstyl, is gratis op hul webwerf beskikbaar.

‘n Voedsame, gebalanseerde kosblik is meer as net nog ‘n toebroodjie, maar regtig nie moeilik om te pak nie. ‘n Lekker verskeidenheid kos deur die week, in vullende, maar matige porsies is die eerste stap. Kies veral kos wat so vars en onverwerk as moontlik is, sodat dit soveel as moontlik voedingswaarde bevat. Klaar-verpakte en voorbereide opsies is gerieflik, maar nie altyd die gesondste keuse nie. Dit is ook baie meer bekostigbaar om self jou gesin se kosblikke voor te berei as om alles net aan te koop en in te pak.

Een manier om ‘n lekker variasie te verseker, is om te sorg dat daar heelwat kleur in die kosblik is. Nog ‘n manier is om die proteïen af te wissel. Dit sluit selfs vegetariese opsies soos bone, lensies en peule in, wat ook meer bekostigbaar is. ‘n Vorige aand se bygereg of slaai is ‘n lekker basis vir ‘n kosblik-ete, want jy hoef dikwels net ekstra proteïen by te sit om dit ‘n maaltyd te maak. Vandag se kekerertjieslaai is ‘n uitstekende voorbeeld daarvan – dit is ‘n lekker bygereg met hoender of braaivleis vir aandete. Sit dan net hardgekookte eier die volgende dag by vir ‘n kosblik-ete. Vir kinders kan die slaaibestanddele en eier selfs apart ingepak word.

Nulaid is ‘n maatskappy wat baie moeite doen om verbruikers in te lig oor die veelsydigheid en gesonde aspekte van eiers. In hierdie week se kosblik is die eier ‘n belangrike bron van proteïen wat die slaai ekstra vullend maak. Kyk gerus na die wenke oor hoe om ‘n eier suksesvol te kook, sodat dit hard genoeg is om op te sny vir die slaai, maar nie droog of blou is nie. Nulaid se webwerf is ook ‘n wonderlike bron van inligting oor eiers.

Ek is dol oor vrugte en die keuses in die somer maak my sommer ekstra opgewonde. Die nuwe reeks GemStone Fruit® nekatriens en perskes se kleure is al genoeg om mens lus te maak om gereeld een van die sappige vrugte deel te maak van ‘n kosblik. Ongeag of dit as heel vrug, in ‘n slaai of op ‘n ander manier gebruik word. Die perskes het ‘n donserigheid op die skil, wat maklik kan afspoel. Die nektariens het ‘n gladde wang en albei vrugte het Diamond (geel vrugte) en Pearl (wit vrugte) opsies om van te kies. Die vrugte is heerlik geurig met ‘n stewige, maar sappige tekstuur. Beide is by uitgesoekte SPAR supermarkte beskikbaar Die week gebruik ons ‘n nektarien, in wiggies gesny, wat in ‘n ricotta-doopsous gedruk kan word. Die doopsous is met gemaalde kaneel en ‘n paar druppels heuning gegeur. Die vrugte is van nature soet, so die doopsous moenie te soet wees nie.

Deel van gebalanseerde etes, is om ook peule en sade in jou etes in te sluit. Dit is ‘n bekostigbare bron van proteïen en baie veelsydig. Vandag se slaai word met kekerertjies gemaak en Rhodes Quality se gebliktes is perfek hiervoor. Die gerieflike knippie op die deksel maak dit maklik om oop te maak, te dreineer en te gebruik. Moenie die gedreineerde vloeistof weggooi nie, vries dit eerder om later as aftreksel in ‘n bredie of sop te gebruik. Heelwat ander produkte in Rhodes Quality se reeks kan ook vir kosblikke gebruik word, soos hul reeks tamatieprodukte, suikermielies, vrugtesappe met ‘n lae GI en ander bone en peule. Hul webwerf het meer inligting oor die reeks.

Resepte

Vegetariese kekerertjieslaai

Resep uit Cooking from the heart 2

Lewer 4 porsies

Nektarienwiggies

met ‘n doopsous

Bestanddele

2 tamaties, in blokkie gesny

¼ komkommer, in blokkies gesny

2 wortels, in kwarte en dan in skyfies gesny

1 skyf fetakaas, in blokkies gesny of gekrummel

2 x 410 g-blikke Rhodes Quality kekerertjies, gedreineer

4 Nulaid eiers, gekook, afgedop, gehalveer en in skyfies gesny

1 avokado, in blokkies gesny

Slaaisous

15 ml (1 e) rooi of wit druiwe asyn

30 ml (2 e) olyf- of avokado-olie

5 ml (1 t) gedroogde of 10 ml (2 t) vars tiemie

2,5 ml (½ t) gemaalde komyn

1,2 ml ( ¼ t) sout

suurlemoensap en swartpeper na smaak

Metode

Meng 200 g ricottakaas met 2,5 ml (½ t) gemaalde kaneel en 10 ml (2 t) heuning. Sny Gemstone Fruit® nektariens in wiggies en sit dit met die sousie voor.

Metode

1. Meng al die slaaibestanddele saam, behalwe die avokado.

2. Slaaisous: Meng al die bestanddele saam en geur met suurlemoensap en peper.

3. Roer die slaaisous deur die slaai. Voeg die avokado by net voor die geëet word. Geniet as ‘n ligte, maar vullende somermaaltyd.

Pin It on Pinterest

Share This