Subscribe for more recipes

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Eier-smulhappies

Dec 16, 2016 | Kosblik 101 / Lunch boxes

Kosblik 101

Spyskaart

Eier-smulhappies met pesto, tamaties en mozzarella

Roketblare-en-komkommerslaai met olyfolie

Rou amandels

Somer-avokado

JOYA® appelwiggies met sjokolade doopsous

Maklike kos vir die vakansietyd – dis wat mens nodig het. Almal wil bietjie kan agteroorsit en ontspan, maar steeds lekker eet. Geniet die eierhappie wat vandag se hoofresep is – jy kan selfs kreatief wees met die bestanddele waarmee jy dit geur. Ander groente soos spinasieblare of broccoli is ook heerlik met eier. Of soteer sampioene en uie en gebruik as vulsel. Verskillende kase soos cheddar, parmesan of feta is ook lekker om te gebruik.

Die vermoë van die eiers om te stol en die bestanddele saam te bind, beteken dat jy nie ‘n kors of ander basis nodig het nie. Hou net die verhoudig eiers tot ander bestanddele soos in die resep. Daar word ook nie water by die eiers geklits nie, maar die suurroom gee dit ‘n heerlike sagte tekstuur en help ook om die gereg stewig genoeg te maak, dat dit in blokkies gesny kan word. Die gereg kan warm of koud voorgesit word. Nulaid se ekstra-groot eiers is ideaal vir die gereg en as jy een tot twee eiers per persoon reken, dan het jy ‘n gesonde en lekker vullende ete. Onthou om beslis eiers op jou lysie te sit vir die vakansie se kos – daar is soveel wat jy daarmee kan doen en dis perfek om ‘n vinnige ete voor te berei. Nulaid se webwerf het ook ‘n hele klompie interessante feite en wenke oor eiers. As jy ‘n pak van 18 Nulaid-eiers koop, loer onder die karton wat bo-op die verpakking is en hou die kleiner kinders lekker besig met die oulike inkleurprentjies.

Ons het die jaar baie oor gesonde eetgewoontes en ‘n gesonde leefstyl gesels en heelwat resepte uit Pharma Dynamics se resepteboeke Cooking from the heart gemaak. Onthou dat die boeke al drie gratis beskikbaar is op hul webwerf. Moenie die vakansie in die versoeking kom om al die goeie gewoontes van die jaar by die venster te laat uitwaai nie – dit maak dinge in die nuwejaar net soveel makliker as jy nie in Januarie skielik weer ‘anders en gesonder’ moet eet nie. Kies gebalanseerde etes, beheer jou porsiegroottes en laat jouself beslis van tyd tot tyd ‘n bederf toe, maar hou matigheid voor oë – jy gaan baie trots wees op jouself as jy dit regkry.

En dan is vars vrugte die tyd van die jaar beslis ook op my inkopielysie. My gesin is dol oor ferm en krakerige, stroopsoet JOYA® appels wat nou beskikbaar is. Die appels kneus nie maklik nie, so dit is perfek om in te pak en is ‘n lekker peuselhappie. Ek gebruik appels op verskillende maniere in ons etes, van peuselkos en natuurlik in ‘n kosblik, maar is ewe lief daarvoor in ‘n slaai en vir vandag se sjokolade doopsous, werk wiggies appel sommer perfek as die ‘lepeltijes’. Appel en sjokolade is altyd ‘n lekker kombinasie, so probeer gerus die resep.

As jy die vakansie moet inpak om by ‘n ander huis te gaan vakansie hou, is GLAD se reeks produkte iets wat beslis ook op jou lysie moet wees. Daar is ‘n lekker verskeidenheid en groottes plastieksakkies en items soos foelie en kleefplastiek is iets wat ek altyd inpak en saam neem. GLAD se Bake and Cooking paper is ook ‘n veelsydige produk en maak dit net soveel makliker om iets in die oond te rooster of te bak, sonder om na die tyd te sukkel met bakplate en oondbakke wat gewas moet word. Kyk ook gerus uit vir hul nuwe reeks skoonmaakprodukte, die Chux-reeks. Daar is heerlike groot, absorberende kombuislappies en stewige wassponsies wat die skoonmaakproses net soveel makliker maak.

Resepte

Eier-smulhappies

Lewer 6 – 8 porsies

Bestanddele

6 Nulaid ekstra-groot eiers

125 ml (½ k) suuroom

sout en peper

150 g kersietamaties, gehalveer

100 g mozzarellakaas, in blokkies gesny

45 ml (3e) basiliekruidpesto

handvol vars basiliekruidblare

Metode

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n oondpan of -bak met GLAD Bake and Cooking Paper uit.

2. Klits helfte van die eiers met die suuroom tot ‘n gladde mengsel. Klits die res van die eiers by en geur na smaak met sout en peper.

3. Plaas tamaties en kaas in die oondbak. Giet die eiermengsel oor en skep lepelsvol pesto bo-op. Bak vir 20-25 minute of tot net gestol en goudbruin. Moenie dit oorgaar maak nie, dan stoot die eiers al die vog uit.

4. Laat afkoel en sny in blokkies of sit dit warm voor as dit dadelik geëet gaan word. Sit voor met vars basiliekruidblare en nog pesto.

Sjokolade doopsous

Resep uit Cooking from the heart 3

Lewer 4 porsies

Bestanddele

15 ml (1 e) suiker

45 ml (3 e) mielieblom

45 ml (3 e) kakao

1,2 ml (¼ t) gemaalde kaneel

500 ml (2 k) melk

5 ml (1 t) vanieljegeursel

2-3 JOYA® appels, met die skil in wiggies gesny

Metode

1. Meng suiker, mielieblom, kakao en kaneel met ’n bietjie van die melk om ‘n pasta te vorm.

2. Verhit die res van die melk oor matige hitte in ‘n klein kastrol tot net warm. Roer ‘n bietjie van die warm melk by die pasta, en roer dit by die res van die melk in die kastrol.

3. Roer aanhoudend oor matige hitte tot die mengsel verdik. Haal van die hitte af en roer die vanielje by.

4. Skep in klein bakkies, laat afkoel en hou dan in die yskas tot dit voorgesit gaan word. Sit dit met die appelwiggies voor – dit kan sommer as ‘lepeltjies’ gebruik om die sous op te skep.

Pin It on Pinterest

Share This