Subscribe for more recipes

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Plaatkoekies

Dec 12, 2016 | Kosblik 101 / Lunch boxes

Kosblik 101

Spyskaart

Hoenderboudjies

Slaaigoed (bv. broccoli, mange tout, baba-mielies, aarbeie)

JOYA® appel-en-kaneel-plaatkoekies met maaskaas, kaneel en heuning

Waterbottel (gegeur met appelwiggies)

Party van ons moet nog ‘n week of twee werk voor die vakansie amptelik kan begin, vir ander het die lang somervakansie reeds aangebreek. Dalk is jy een van die staatmakers wat hierdie tyd van die jaar iewers op jou pos is, sodat die res van ons met verlof kan wees. Hoe dit ook al sy, ons wil almal lekker eet. Terselfdertyd moet almal verkieslik steeds so gesond moontlik eet, al lê die feestyd voor.

Dalk is jy oppad met vakansie en is padkos (en nie meer kosblikke nie) op die spyskaart. Hierdie maand se #Kosblik-planne is ewe geskik vir ‘n ete oppad, as piekniek of waar jy met vakansie is. Kies kos en bestanddele wat maklik hanteer, bv hoenderboudjies, vrugte en groente wat in hanteerbare stukkies of porsies gesny word en ander kos wat maklik met die hand geniet kan word.

Hierdie tyd van die jaar braai ons almal graag en dan is ‘n lekker, maklike marinade iets wat almal geniet. Die hoenderporsies se marinade bestaan uit net ‘n paar bestanddele en is regtig geurig. Pharma Dynamics se reeks resepteboeke, Cooking from the heart, het ‘n hele klomp resepte in vir elke smaak. Die beginsel om soveel as moontlik self te maak, is juis van toepassing met hierdie marinade, want as dit tuisgemaak is, kan jy beheer wat daarin is. Dit is nie net die feit dat jy minder suiker, sout en preserveermiddels gebruik wat dit gesonder maak nie, maar ook die feit dat jy met meestal vars, onverwerkte produkte baie geur kan verleen. Dieselfde geld vir ‘n tuisgemaakte hoendergereg, teenoor iets wat by ‘n wegneem-eetplek gekoop word, want laasgenoemde is dikwels baie sout en diepgebraai, dus onnodig vetterig. Hou sommer hierdie resep vir die vakansietyd byderhand, want jy kan die hoender beslis ook oor die kole gaarmaak.

Vir nog gesonde resepte, besoek gerus http://www.cookingfromtheheart.co.za.

Nog ‘n bestanddeel wat beslis op my vakansie-koslys is, is eiers. Nulaid se reeks eiers is in groot, ekstra-groot en jumbo beskikbaar. Dis ‘n wonderlike bron van proteïen en ook heelwat ander voedingselemente wat alles belangrik is vir ‘n gesonde leefstyl. Vir die vakansie kan jy letterlik van ontbyt tot iets vir aandete, peuselhappies en natuurlik gebak daarmee voorberei. Die plaatkoekies op vandag se spyskaart kan nie sommer sonder eiers gemaak word nie, want die eiers gee die plaatkoekies ‘n heerlike sagte tekstuur, saam met die karringmelk wat gebruik word en dis natuurlik ook ‘n belangrike bindmiddel in die beslag. Die feit dat dit ook tuisgemaak is, is beslis ‘n beter keuse as om dit by ‘n winkel te koop.

‘n Heerlike seisoensvrug wat as peusel- of energiehappie ingepak kan word, maar ewe lekker is om mee te bak, is ‘n JOYA® appel. Om die plaatkoekies ‘n natuurlike soet smaak te gee, het ek van die kraakvars, soet appels grof gerasper en by die beslag ingeroer – daar is dus geen bygevoegde suiker nodig nie. Gemaalde kaneel is altyd lekker met appel en ‘n maklike manier om ‘n heerlike bederfhappie te maak. Pak die plaatkoekies in en laat elkeen ‘n bietjie maaskaas, wat jy self met ‘n knippie kaneel en ‘n drupsel heuning geur, daarop smeer. Sit dun wiggies appel daarop voor vir ‘n stylvolle happie. Onthou om veral die porsies van ‘n soetigheid te beheer en nie te veel daarvan op ‘n keer te eet nie. Die plaatkoekies dien in die geval sommer ook as die stysel vir die ete en alhoewel koekmeel, wat meer verfyn is, gebruik word, help die vars appel om meer vesel in die happie in te sluit. Maar pak gerus ‘n JOYA® appel of twee in nou piekniekmandjie of vir padkos, want die appels kneus nie maklik nie en is perfek vir buitelug- en oppad-etes. Sit ook sommer ‘n paar vars appelwiggies met die plaatkoekies voor en ook in jou waterbottel, vir gegeurde water op die natuurlike manier.

Kos wat vir ‘n piekniek of as padkos ingepak word, moet beslis nog aptytlik wees teen die tyd dat dat voorgesit word, anders is niemand lus daarvoor nie. Verpak dus iets soos die hoenderboudjies in ‘n stuk GLAD foelie. Die slaaibestanddele en vrugte is ideaal in ‘n GLAD ZipSeal sakkie en dit werk uitstekend om bestanddele ook apart te hou en mekaar nie pap te druk nie. Die plaatkoekies kan ook in ‘n groot stuk GLAD foelie toegedraai word of verpak dit in ‘n stuk GLAD bakpapier en laat elkeen uit die verpakking die plaatkoekies smeer en geniet. Reeds gesnyde appelwiggies wat vinnig in water afgespoel en dan in GLAD ZipSeal sakkies verpak is, sal ook langer vars bly en nie sommer verkleur nie, omdat dit feitlik lugdig verseël kan word. GLAD South Africa is ook die verspreiders van ‘n nuwe reeks Chux produkte, onder andere kombuislappies en wassponsies van baie goeie gehalte. Kyk gerus in jou plaaslike SPAR supermark of jy dit kry, want die lappies is perfek vir ‘n piekniekmandjie of om taai vingers oppad tjoef-tjaf uit te sorteer.

Resepte

Hoenderboudjies

Resep aangepas uit Cooking from the heart 1

Lewer 4 – 6 porsies

JOYA® appel-&-kaneel-plaatkoekies

Lewer 24-30 plaatkoekies

Bestanddele

15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie

swartpeper na smaak

15 ml (1 e) tamatiepasta

15 ml (1 e) paprika

30 ml (2 e) suurlemoensap

2,5 ml (½ t) sout

1 kg hoenderporsies, bv. boudjies

125 ml (½ k) water of Rooibostee

Bestanddele

280 g (500 ml) koekmeel

15 ml (1 e) bakpoeier

2 ml sout

10 ml (2 t) gemaalde kaneel

2 Nulaid ekstra-groot eiers

500 ml (2 k) karringmelk

2 JOYA® appels, met die skil aan grofgerasper

60 ml (¼ k) botter, gesmelt

sonneblom-of avokado-olie vir braai

Metode

1. Voorverhit die oond tot 180 °C.

2. Meng die olie met orige geurmiddels en smeer oor die hoender. Plaas in ‘n groot oondbak.

3. Giet die vloeistof rondom die hoender in die oondbak. Bedek met GLAD foelie en rooster vir 20 minute. Haal die foelie af en rooster nog 10-15 minute of tot goudbruin en gaar.

4. Sit voor as aandete met ‘n groenslaai of maak genoeg en pak dit in ‘n kosblik met individuele slaaibestanddele.

Metode

1. Sif die droë bestanddele saam in ’n mengbak. Klits die eiers en karringmelk saam en maak ’n holte in die middel van die meelmengsel.

2. Klits die eiermengsel by die meel tot ’n gladde beslag vorm. Roer die appel by. Wees versigtig om dit nie te veel te meng nie, want dit kan die plaatkoekies swaar maak. Roer die botter goed deur.

3. Verhit ’n dun lagie olie oor matige hitte in ’n braaipan. Skink 30-50 ml deeg per plaatkoekie in die pan – afhangend van hoe groot dit moet wees.

4. Braai tot lugborrels bo-op vorm en draai versigtig met ’n eierspaan om. Braai net ’n paar minute tot gaar en goudbruin aan die ander kant. Hou die plaatkoekies warm, terwyl die res gebak word. Voeg nog olie in die pan by soos nodig, maar moenie dit te warm maak nie, anders brand die plaatkoekies voor dit gaar is.

5. Sit voor met maaskaas, gegeur met heuning en kaneel en nog appelskyfies, indien verkies.

Pin It on Pinterest

Share This