Subscribe for more recipes

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Beskuit

Nov 28, 2016 | Kosblik 101 / Lunch boxes

Kosblik 101

Spyskaart

Slaai met oorskiet varkvleis, JOYA® appel en kool met jogurt en komyn

Beskuit met sade

Dis amper vakansie en binnekort hoef jy dalk nie meer elke dag kosblikke te pak nie, maar die idees vir die res van 2016 se Kosblik-insetsels is ewe ideaal vir padkos, etes by ‘n vakansieplek of selfs ‘n piekniek.

Dis tipies ook ‘n baie dol tyd vir ons almal, maar as ‘n mens kan aanhou om gesond te eet, het jy ook sommer heelwat meer energie om die besige tyd te ‘oorleef’. Hou dus by die beginsels wat al heeljaar deel is van die gebalanseerde kosblikke en maak dit die manier waarop jou etes tot die einde van die jaar en oor die feestyd beplan word.

Tuisgemaakte kos bly die beste, want dan het jy beheer oor die hoeveelheid suiker, sout en preserveermiddels wat deel is van jou etes. Gebruik ook gesonde bestanddele, soos die in hierdie resepte en verkieslik genoeg vars, onverwerkte produkte, seisonale bestanddele en onverfynde stysel. Kombineer die regte geure en jy het sommer ‘n bobaas-ete met min moeite.

Die maaltyd vir die week se ete is ‘n slaai wat met oorskiet-varkvleis, appel, kool en komyn gemaak word. Jy kan dit beslis ook in die vakansietyd maak. Al hierdie aspekte van ‘n gesonde manier van eet, is deel van die beginsels in al drie die Cooking from the heart resepteboeke.

Pharma Dynamics die maatskappy wat die resepteboeke ontwikkel het, doen baie moeite om ons ‘op ons gesonde tone’ te hou – lees gerus meer oor maniere om gesond eet prakties te maak op hul webwerf en http://www.cookingfromtheheart.co.za en Facebook-blad.

Iets wat almal ook graag hierdie tyd van die jaar begin doen, is om die beskuitblikke vol te maak. Die beskuitresep is baie maklik en ook veelsydig, want jy kan kreatief wees met verskillende sade en neute. Die beskuit is ook nie te soet nie en beslis ‘n beter keuse as meeste van die gekoopte weergawes wat dikwels baie soet en verfynd is, met min vesel. Hierdie resep gebruik volkoringmeel en hawermout en ‘n hele klompie sade, so daar is heelwat vesel in wat dit ook sommer vullender maak. Die karringmelk in die deeg gee dit ‘n heerlike tekstuur en saam met die Nulaid eiers, is daar heelwat minder vet in die deeg nodig.

Die beskuit is ook nie net vir die vakansie bedoel nie, maar ‘n heerlike peuselhappie of alternatief vir ‘n stysel in ‘n kosblik. Soms gebruik ‘n beskuitresep nie eiers nie, maar in die resep dra dit wel by tot ‘n ryker smaak en lekker bros tekstuur, al is daar minder vet in die deeg as in baie ander resepte. Die tipe vet in eiers is natuurlik ook ‘n gesonde kombinasie van vetsure.

Lees nog meer oor die gesondheidsaspekte van eiers op Nulaid se webwerf.

Kosblikpak en inpak vir die vakansie, ‘n piekniek of padkos sal ook nie so maklik wees sonder

GLAD South Africa se reeks produkte nie. Gaan kyk gerus op http://www.glad.co.za/ om te sien wat alles beskikbaar is. Vir vandag se resepte het ons die GLAD bakpapier gebruik om die beskuitpanne mee uit te voer en ook die ZipSeal sakkies is perfek om ‘n stukkie beskuit of twee in te pak. Dit is ook net die antwoord vir vars goed, neute, sade en ander kleiner items wat vir die vakansietyd ingepak moet word. Dit hou ook ‘n natlappie heeldag klam.

Die somer het ‘n wonderlike verskeidenheid siesonale vrugte wat jy op verskillende maniere deel kan maak van jou etes. JOYA® appels in ‘n heerlike soet, kraakvars appel en omdat dit nie maklik kneus nie, die perfekte opsie om in te pak – of dit nou vir ‘n kosblik, padkos of piekniek is. Dis ‘n mond vol energie en perfek vir aktiewe mense, groot en klein. So of jy nog moet werk, gaan stap of fietsry, pak gerus ‘n paar JOYA® appels die maand in, terwyl dit in seisoen is. Dis veral by Woolworths beskikbaar en die sakkies is duidelik met die kultivar gemerk. Sit ‘n bietjie JOYA® in jou lewe. Lees meer op http://joyaapples.co.za/.

Resepte

Beskuit met sade

Resep aangepas uit Cooking from the heart 1

Lewer ongeveer 100 beskuit

Bestanddele

6 X 250 ml (6 k) steengemaalde volkoringmeel

500 ml (2 k) rou hawermout

30 ml (2 e) bakpoeier

125 ml (½ k) suiker

2,5 ml (½ t) sout

375 ml (1½ k) sonneblomsaad of enige ander sade van jou keuse, bv papawer- of sesamsaad

250 ml (1 k) sonneblomolie

250 ml (1 k) water

15 ml (1 e) vanieljegeursel

4 Nulaid eiers, geklits

500 ml (2 k) karringmelk

Metode

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer en voer 2 x 20 cm koekpanne of ‘n oondpan met GLAD se bakpapier uit.

2. Meng al die droë bestanddele saam in ‘n groot mengbak.

3. Vryf die olie met jou vingerpunte by die droë bestanddele in tot dit soos broodkrummels lyk.

4. Klits water, vanielje, eiers en karringmelk saam. Roer die eiermengsel by die droë bestanddele tot goed gemeng.

5. Skep in die koekpanne en bak 45-60 minute of tot ‘n toestspen skoon uitkom.

6. Keer uit die panne en laat afkoel. Sny in stukkies en plaas op ‘n bakplaat.

7. Voorverhit die oond tot 100 °C en droog die beskuit vir 6-8 ure of oornag uit. Laat afkoel en pak in ‘n lugdigte houer.

Vark-en-appelslaai

Gebruik enige oorskiet-varkvleis, bv. varkfilet of -tjops. Sny vleis in dun repies en maak dit deel van ‘n slaai van fyngekapte kool en JOYA® appels, in klein wiggies gesny. Roer ‘n knippie (of so 5 ml) gemaalde komyn by ongeveer 250 ml ongegeurde jogurt vir ‘n heerlike geur en die perfekte kombinasie met die res van die bestanddele. ‘n Paar kruisementblare of skyfies avokado is selfs heerlik daarby.

Pin It on Pinterest

Share This