Recipe books

Onthoukos

Onthoukos is ‘n internasionaal bekroonde resepteboek wat ‘n versameling van outentieke geregte van regoor Suid-Afrika insluit. Heleen Meyer neem enige een wat hou van eet op ‘n reis na smake wat jou aan jou ma en ouma se kombuise sal herinner en dit wat alles saamhou – nostalgie. Bekende Suid-Afrikaanse koskenners Cass Abrahams en Ina Paarman deel gewilde gunstelinge en onfeilbare resepte soos Ina se Tuisgebakte kaaskoek, haar gevierde Geroosterde botterskorsiesop met vars koljanderblare en Ouma Anna se Karoo-lamspastei. Cass het van haar kenmerkende resepte soos Denningvleis, Pienangkerrie en Boeber bygedra. Ander resepte sluit ‘n Mossel- en-vissop, Calitzdorp croissants, Pampoenkoekies met ‘n verskil, Outydse hoenderkerrie, Souserige neute-sjokoladepoeding en Gebakte appels en pere met ‘n krummelkors, in.

Uitgewer: Lapa

Fotograaf: Adriaan Vorster

Stilering: Heleen Meyer

Order book

1 + 8 =

Contact me

021 531 0077

Brand ambassador for

Pin It on Pinterest

Share This