Light meals

Subscribe for more recipes

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Kerrievis

’n Yskoue stukkie kerrievis met ’n broodjie (om die sous op te ‘vee’) en slaai, is ’n bekende en baie gewilde Suid-Afrikaanse ete. Party mense ken dit as gepiekelde vis, maar hoe jy dit ook al noem, dit bly smullekker. Die resep is dalk ’n bietjie meer moeite as om vis net in die pan te braai, maar dit hou uitstekend in die yskas en is ’n gerieflike ete om byderhand te hê.
Die speserye in die kerriesous is aromaties en is ’n heerlike kombinasie van geure saam met die soetsuur smaak van die konfyt en asyn – beslis iets wat Suid-Afrikaners altyd geniet. Daar is verskillende maniere om kerrievis te maak, maar ek verkies om die vis eers te panbraai en dan in die sous te marineer. Dit kan vir 5-7 dae in die yskas hou of selfs langer as jy dit in ’n gesteriliseerde bottel verpak en só in die yskas hou.

read more

Tunakoekies

’n Viskoekie is beslis nie ’n nuwe idee nie, maar het jy dit al met tuna gemaak? Dis ’n heerlike alternatief en ’n maklike manier om iets anders vir jou kosblik-agenda te hê. In plaas van sardyne in tamatiesous, word die tuna met ’n bietjie mayonnaise, blatjang, suurlemoensap en vars kruie gegeur. Die viskoekies word in ’n klein bietjie olie oor matige hitte in ’n pan gebraai, so wees versigtig dat dit nie te olierig word nie. Dis ’n heerlike sagte tunakoekie en word warm of teen kamertemperatuur ewe veel geniet deur almal – dus ideaal vir ’n aandete of kosblik.

read more

Viskoekies met groente

Viskoekies met groente Resep uit Maak vyf / Make five Lewer 25 koekies 45 minute Kindervriendelik/ Suiwelvry Bestanddele 1 x 410 g-blik sardyne in tamatiesous 45 ml (3 e) water 1 klein ui, gerasper 2 wortels, grofgerasper 60 ml (¼ k) koekmeel 2 eiers, geklits 125 ml...

read more
error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest

Share This