by Heleen Meyer | Sep 21, 2018 | Accompaniments, Extras, Kosblik 101 / Lunch boxes, Mains, Meat, Sides & salads, Starchy side
Mieliepap met ’n tamatiesmoor en wors bly ’n wonderlike ete. Sit ’n paar sampioen-kebabs daarby en jy het ’n smullekker ete. En as jy ’n growwe mieliemeel gebruik, is die pap selfs nog lekkerder. Hoe hou julle van mieliepap? Fyn krummels, met groot klonte of ’n meer loperige tekstuur (slap-pap)?
by Heleen Meyer | Sep 7, 2018 | Baking, Kosblik 101 / Lunch boxes, Light meals, Light vegetarian, Salad as a meal, Salad as a side, Sides & salads, Starchy side, Vegetable side
Braaivleis, rugby, sonskyn en Chevrolet… dis ’n bekende sê-ding uit die 70’s wat mense vandag nog gebruik. Dit het begin as die klingel vir die destydse Springbok Radio. Ek is nie noodwendig passievol oor rugby of Chevs nie, maar vir sonksyn en braaivleis, sê ek enige dag, ‘Ja!’
Braaivleis is ook lankal nie net meer tot steak, tjops en wors beperk nie. Deesdae is daar ’n lang lys van lekkertes wat oor die kole gaargemaak kan word, of met iets wat oor die kole was, voorgesit kan word.
by Heleen Meyer | Aug 10, 2018 | Accompaniments, Kosblik 101 / Lunch boxes, Light meals, Light vegetarian, Salad as a side, Starchy side, Vegetable side, Vegetarian
Aartappels is een van die bekendste stysel-opsies vir bygeregte en daar is eindelose maniere om dit gaar te maak, te geur en voor te sit. Een van die gewildste maniere bly ’n aartappelslaai – veral in Suid-Afrika, want daar is min braai-etes wat nie ’n aartappelslaai op tafel insluit nie.
by Heleen Meyer | May 4, 2018 | Kosblik 101 / Lunch boxes, Sides & salads, Starchy side
Het jy ook met pap as ’n stysel vir etes grootgeword? Veral met braaivleis of wors en sous? Ek is dol daaroor, maar ander kan glad nie verstaan dat ’n mens hieroor opgewonde kan raak nie. Daar is ook verskillende maniere waarop liefhebbers daarvan hou – fyn krummels, loperig, in groot, sagte klonte of dan soos hier in ’n paptert-styl gebak.
by Heleen Meyer | Dec 13, 2017 | Kosblik 101 / Lunch boxes, Light meals, Light vegetarian, Sides & salads, Starchy side
In die feestyd is dit altyd lekker om ’n resep of twee te hê wat moeiteloos is om voor te berei en op verskillende maniere voorgesit kan word. Almal wil lekker eet, maar nie noodwendig ure in die kombuis moet spandeer nie. Dié geurige geroosterde botterskorsie met kekerertjies en bone is ’n ideale resep vir die vakansie.
by Heleen Meyer | Nov 24, 2017 | Kosblik 101 / Lunch boxes, Sides & salads, Starchy side
’n Lensie-en-eiervrugslaai is vandag op die spyskaart. Noem dit sommer die lekkerste lensieslaai, want selfs mense wat dink lensies is vaal en vervelig of die wat nie baie van eiervrug hou nie, skep gou nog van dié slaai.
Hierdie resep kom uit my laaste resepteboek, Maak vyf en is een van daardie resepte wat mense dikwels sê, ‘sjoe, ek het nie gedink lensies kan so lekker wees nie’. Die kombinasie van geure en die manier waarop die eiervrug en lensies gaargemaak word, dra beslis by tot die lekker smaak en tekstuur.