Desserts, baking & sweet treats

Subscribe for more recipes

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Braai-bygeregte: bierbrood & slaai

Braaivleis, rugby, sonskyn en Chevrolet… dis ’n bekende sê-ding uit die 70’s wat mense vandag nog gebruik. Dit het begin as die klingel vir die destydse Springbok Radio. Ek is nie noodwendig passievol oor rugby of Chevs nie, maar vir sonksyn en braaivleis, sê ek enige dag, ‘Ja!’
Braaivleis is ook lankal nie net meer tot steak, tjops en wors beperk nie. Deesdae is daar ’n lang lys van lekkertes wat oor die kole gaargemaak kan word, of met iets wat oor die kole was, voorgesit kan word.

read more

Heuning-&-hawermoutbrood

Tuisgebakte brood is nie net ’n lekker bederf nie, maar ook ’n heelwat gesonder opsie, want jy weet wat alles in die brood gebruik word. Winkelbrood voel dalk gerieflik, maar dit is dikwels van meer verfynde meel gemaak en hoog in bygevoegde sout of suiker. Sulke brood is dikwels minder vullend en voedsaam as ’n tuisgebakte brood. Die rysmiddel in die resep is bakpoeier, so dis nie nodig om iets te knie nie. As jy dalk skrikkerig is om ’n gisbrood te bak, is hierdie ’n maklike alternatief. Met ’n tuisgebakte brood kan jy selfs kleiner brode bak, om porsiebeheer makliker te maak.

read more

Gebakte klein grenadella-kaaskoekies

Grenadella-kaaskoek is beslis iets wat my oog sal vang. En as dit met vars vye, granate en druiwe gegarneer is, soveel te meer. Dis so ’n maklike resep, dat selfs dié wat nog nooit ’n kaaskoek gebak het nie, die mooie klein weergawes maklik onder die knie sal kry.
Gesonde eetgewoontes beteken beslis nie dat ’n mens nie van tyd tot tyd iets soets mag eet nie. Die belangrikste is om te kyk hoe groot die porsie is en die nagereg met gesonde bestanddele te maak. Hoe minder suiker, hoe beter, want daar is ander maniere om ’n soet en lekker smaak aan iets soos die kaaskoekies te gee. Vanielje en vars seisoensvrugte is ’n uitstekende kombinasie en met suiwel en grenadella is jy reeds op die regte spoor.

read more

Chocolate & nut cake

Treat family or friends to a lovely chocolate and nut cake. No one will expect the touch of cinnamon, and how well it combines with the buttery cake, chocolate pieces and nuts, until that first mouthful.
The recipe uses a lot of eggs in the batter, which gives the cake its richness, texture and flavour, and is a better option than too much butter and sugar. The cake also keeps well and doesn’t dry out easily.

read more

Karringmelkbrood

Die skoolvakansie het aangebreek en al is dit net ‘n week lank, gee dit mens darem tog so ‘n bietjie asemskepkans. Selfs al moet ouers dalk steeds werk, is die kinders se skedules bietjie rustiger en kry julle dalk selfs kans om iewers in die week ‘n braaivleisvuur aan te steek en as gesin saam te kuier.

read more

Semolina-&-lemoenkoek

Semolina-&-lemoenkoek met amandel My vriendin Anneke Müller en haar dogter Anna-Marie se soektog na ’n suurlemoenkoek op die internet ’n paar jaar gelede, het ’n heerlike resep opgelewer. Ek het intussen ook daaraan geskaaf en dit is altyd ’n wenner. Die koek het...

read more

Sjokolade-brownies

Sjokolade-brownies Lewer 8 – 10 porsies 1 uur Ek het die resep oorspronklik vir The AMC Book ontwikkel en dit het omtrent al die rondte van Vader Cloete gedoen. Vir ’n teetafel of saam met koffie, sny ek dit in klein blokkies of driehoekies en sit dit sonder die sous...

read more

Pin It on Pinterest

Share This