Subscribe for more recipes

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Rooibos- & bessie-ystee

May 12, 2017 | Drinks, Extras

Rooibos- & bessie-ystee

Resep uit Kos is op die tafel
Lewer ongeveer 2 liter
30 minute (plus verkoelingstyd)

Bestanddele

8 rooibos of bessiegegeurde rooibos teesakkies

6 dun skyfies vars gemmer

6-8 heel naeltjies

6-7 kardemompeule, oopgeskeur (opsioneel)

75 ml suiker

75-90 ml vars suurlemoensap of na smaak

1,5 liter kookwater

500-750 ml bessiesap van jou keuse of gemmerlim (ginger ale), verkoel

ysblokkies, kruisementblare, vars bessies of aarbeie en dun skyfies suurlemoen

Metode

1. Plaas die teesakkies met die speserye, suiker en suurlemoensap in ’n groot beker. Skink die kookwater oor en roer tot die suiker opgelos het. Laat tee 2-3 ure of verkieslik oornag in die yskas trek en verwyder die speserye. (teesakkies dalk vroer uit). Moenie die tee te sterk laat trek nie – dit kan bitter word.

2. Roer die sap of gemmerlim by net voor dit voorgesit word.

3. Kleurvolle ysblokkies: Vries heel bessies, kruisementblare of repies suurlemoenskil in ysbakkies en gebruik in ystee. Dit lyk mooi en verleen nog geur aan die drankie. Silikon-ysbakkies met interessante vorms, kan ’n drankie ook aptytlik laat lyk.

Pin It on Pinterest

Share This