Subscribe to Posts

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Groente-hutspot

May 12, 2017 | Mains, Vegetarian

Groente hutspot

Resep uit Kos is op die tafel
Lewer 6 – 8 porsies
1 uur 15 minute

Die groente, speserye en klappermelk is heerlike kombinasie vir ’n koue dag. Sny die groentes in eenderse stukkies, sodat alles eweredig gaar is.

Bestanddele

20 ml olyfolie

2 uie, grof gekap

2 knoffelhuisies, fyn gedruk

1-2 klein rooi brandrissies, gekap

2-3 middelslag wortels, gehalveer en in dik diagonale skywe gesny

15-20 ml matige kerriepoeier

15-20 ml gemaalde komyn

500 g (4 middelslag) aartappels, in blokkies gesny of 500 g dwerg-aartappeltjies, gehalveer

500-600 g botterskorsie, geskil en in blokkies gesny

1-2 middelslag eiervrugte, met die skil in blokkies gesny

500 ml groenteaftreksel

5 ml fyngerasperde suurlemoenskil

1 x 400 g-blik kekerertjies, gedreineer

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

1 x 200 ml-blikkie klappermelk

10 ml suurlemoensap

50 ml grofgekapte koljanderblare

ekstra koljanderblare vir garnering

Metode

1. Verhit olie oor matige hitte in ’n groot kastrol of wye diep pan en soteer uie, knoffel, brandrissies en wortels vir ’n paar minute. Voeg kerrie en komyn by en soteer tot aromaties.

2. Voeg aartappels en botterskorsie by, soteer, en voeg eiervrug by. Soteer groente vir ’n paar minute en roer aftreksel en suurlemoensap by. Sit die deksel op en verlaag hitte.

3. Prut 35-40 minute liggies of tot die groente net sag, maar nie pap is nie. Roer die kekerertjies by en verhit 5 minute saam met die groente.

4. Geur na smaak en roer die res van die bestanddele, behalwe die koljanderblare, by. Sit op basmati-, bruinrys of koeskoes voor of gebruik as ’n vulsel in roti’s. Garneer met koljanderblare.

Wenk

1. Vervang kekertjies met 1 x 410 g-blik botterbone, gedreineer of 250-500 ml gaar lensies.

Pin It on Pinterest

Share This