Subscribe to Posts

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Frikkadelle

Feb 27, 2017 | Kosblik 101 / Lunch boxes

Kosblik 101

Spyskaart

Frikkadelle

JOYA® appel en groenterepies

Westfalia Guacamole as ‘n doopsous

Neutemengsel

Almal wat gereeld moet kosblikke pak, kom soms op die punt wat jy nou net nie meer weet wat om nóg te pak om dit gebalanseerd, voedsaam en boonop interessant ook te maak nie. My oplossing is dan om met ou bekende idees (en dit waarvan my kinders hou) nuwe geure te probeer. As die kinders van frikkadelle hou en ek die geurmiddels so bietjie kan verander om te keer dat hulle verveeld raak met dieselfde smake, is ek reeds ‘n stap verder.

Ek maak dikwels ‘n groot kooksel frikkadelle, want dit vries uitstekend en gebruik dit sommer vir ‘n aandete en dan kosblikke. Dis maklik om te hanteer en in te pak en die ideale proteïen vir ‘n groter maaltyd vir kinders wat laat by die skool moet bly.

Hierdie frikkadel-resep kom uit die eerste Cooking from the heart resepteboek, van Pharma Dynamics. (Die resepteboeke is gratis op hul webwerf beskikbaar.)

Dis ‘n bekende kombinasie van bestanddele, maar twee goed maak dit so bietjie anders. Die kerriepoeier en koljander gee dit so ‘n bietjie van ‘n ander smaak en die wortel daarin is sommer ‘n maklike manier om ‘n natuurlike soet smaak aan die frikkadelle te gee. Saam met die hawermout is daar dus ook sommer reeds stysel in die ete en as die res van die kosblik ook ander groente en die JOYA® apple insluit, is daar heelwat kosse wat ook bydrae tot die balans van die ete en die koolhidrate. ‘n Ander stysel is dus nie nodig nie en dis dan juis onverfynde stysels wat deel is van die ete.

In ‘n ete soos vir hierdie kosblik, is daar ook genoeg kleure en teksture om dit interessant te maak en seker te maak dat ‘n lekker variasie van voedingstowwe ingesluit word. ‘n Gesonde olie of vet is ook ‘n noodsaaklike deel van ‘n voedsame ete en as jy van Westfalia se guacaomole as doopsous gebruik en die frikkadelle sommer in ‘n avokado-olie braai, is dit ook reeds ingesluit. Westfalia se ongegeurde avokado-olie het ‘n baie neutrale geur, dus ideaal om iets in te braai. Maar iets soos die suurlemoen- of brandrissie-gegeurde avo-olie is ewe lekker as jou gesin daarvan sal hou. Die olie se brandpunt is baie hoog en ideaal om mee te panbraai of soteer.

‘n Paar skyfies vars avokado is heerlik met frikkadelle, maar as dit nie beskikbaar is nie, is die guacamole ‘n heerlike alternatief. Daar is 4 geure in die reeks, so kies dit waarvan jou gesin sal hou: gewoon, speserye, soet brandrissie-salsa of biltong-gegeur. Daar is ongeveer twee ryp avokado’s in ‘n bakkie Westfalia Guacamole.

JOYA® appels is nog in seisoen en by uitgesoekte Woolworths supermarkte beskikbaar. Onthou om wiggies appel wat jy in ‘n kosblik wil pak, met ‘n skerp groentemessie te sny. Een sonder tandjies werk die beste, want dan kneus die appel nie so maklik nie. Dié mooi rooiwang appels is krakerig en lekker soet. Dit pas ook baie lekker by avokado, so doop sommer wiggies in die guacamole vir ‘n lekker peuselhappie as lus het. Kry meer JOYA® in jou lewe.

Daar is baie maniere om frikkadelle te maak, maar ek verkies om altyd eier daarin te sit, om seker te maak dit bind al die bestanddele saam, sonder om die frikkadelle te ‘styf’ te maak. Gaan lees gerus ook op Nulaid se webwerf wat jy nog alles met eiers kan doen. Daar is ook heelwat interessante inligting en wenke oor eiers, wat jy dalk nie eers geweet het nie.

Resepte

Frikkadelle

Resep aangepas uit Cooking from the heart 1

Lewer 6 porsies

Bestanddele

60 ml (¼ k) hawermout

500 g maer beesmaalvleis

1 Nulaid eier, geklits

1 ui, gerasper

1 wortel, gerasper

2,5 ml (½ t) sout

suurlemoensap en swartpeper na smaak

10 ml (2 t) gemaalde koljander

5 ml (1 t) kerriepoeier of na smaak

15 ml (1 e) Westfalia avokado-olie

Metode

1. Meng die oats en maalvleis met die res van die bestanddele, behalwe die olie.

2. Vorm in klein frikkadelle.

3. Verhit olie in ‘n groot braaipan (gebruik ‘n AMC 24 cm Chef’s Pan) en braai frikkadelle op alkante to goudbruin.

4. Verlaag die hitte, sit ‘n deksel op en prut 8-10 minute of tot gaar. Skep uit en herhaal met die res van die frikkadelle.

5. Sit as aandete voor of pak in ‘n kosblik.

 

Pin It on Pinterest

Share This